VIR SAMUEL
Wat n verskriklike fout begaan het.
toe ek jou
in maksimum
gekonsulteer het
het ek gesien
die hortjies is ysters 
selfs die plafon is bewapen
om jou binne te hou
onnodig
want van nou af
sal jy binne bly 
toegesluit in jou kop
jou skedel die sel
agter ysters van gewete
jou gedagtes
rou kontakbesoeke
van herinnering
ek betoog oor jou
nee
ek huil oor jou
want jy is net n kind
net nog n mot
wat teen die waaier
vasgevlieg het
