Ek kom na jou toe
Ek kom na jou toe in verslete drag:
Ek het geklim en teen kranse op geskreeu. Ek het behoete aan jou warm welkom, jou rooigrasliefde en jou digterby.
Ek kom met die min wat ek nog kan doen, met my bene wat moeilik swaai,
my arms wat nie meer kan gooi sodat jy kan hoor hoe n klip sing nie.
My asem wy ek aan jou luisterende oor.
Ek wens dat ek soos Amion se lier vir jou van nut kon wees,
nie om klippe te laat sing nie, maar om hulle te laat roer,
hulle na mekaar toe te laat skuifel en eers lukraak hul plek te soek.
Maar dalk, net dalk is daar meer lewe. Dink net, lief, waartoe is n lier
nie nog in staat nie as hy summier klippe kon laat opspring uit die aarde en hulle kon voeg tot n grandiose muur met sewe poorte rondom hebe?
