Orfeus
Na alles wat hy met sy lied vermag het; al die skepsels tot selfs die grootste dier, bewaker van die doderyk, voor hom pens kom sleep het, sy koppe al drie laag gebuig, sy o betower op die grond
en selfs die koning van die Ryk hom, klein snuiter, toegelaat het om mens te bly in daardie plek 
hy sy geliefde na die aarde terug kon lei, maar sy twyfels  die swaarste van sy sending  nie besweer kon kry, moes kyk of sy hom volg en daardeur haar verloor het 
was dit eintlik baie maklik:
net gaan l op hul vertroude grond en slaap en slaap tot dit hr lippe is op die korsmos van sy mond.
