Gerrit Achterberg val terug
Standbeeld. Dodepop.
Dis wat hy die geliefde noem. Hy soek die hartklop
wat hom bly ontwyk.
Maar is hy, lewend, nie gedoem om traagheid te oorkom?
Staan, poppie, staan,
dat jy van hom kan weet, dat hy vir jou kan s hoe lank sy liefde l,
dat hy verby die kleed wat jou omvou, sy hand kan steek, kan voel hoe tintel onder hom
jou vel, kan sien jyt klaar gebreek deur die gedopte o; dat hy in jou geskulpte oor jou hart laat roer,
sy liefde kan vertel,
dat jy kan antwoord met n lawwe poppelied:
Wanneer kom ons troudag, Gertjie, hoe is dit dan so stil met jou?
