Kaiingroes
Laat ons eet en drink en vrolik wees: Uiteindelik vier ons met die wreld fees. Kry van die kaiings. Daars net n kaiing en dis die kaiing van die vetstert-Afrikaner  di een is vir ons geslag en gebring
deur ons seun van die erfplaas by Makapansgrot. Dis mos daar, knap duskant Pietpotgietersrus: Laat ons di naam maar behou so lank ons kan, dit smaak my dit gaan so-die-here-wil verander.
Moenie skaam wees nie. Hierdie vet moet jy sien wanneer jy dit op n boerbrood smeer
met korrelkonfyt daarby. Daars net n korrel en dis die hanepootkorrel wat jy nog moet ontpit. S geniet jy dit sonder dat jy n stopsel breek.
Vergeet van sjampanje, van brandewyn en Coke.
Saam met my Afrikanerstertkaiings en my korrelkonfyt gaan my bekertjie boeretroos. Das nettie foutie.
