Die boer kom tuis van die hospitaal
Ek soek nie die tsk-tsk-luisteringe van tenger masjiene agter my rug nie: Laat die trekkers vry,
laat die bloubottels, die boeldok-lanse pom-pom oor my lande,
laat die lupine krul uit die toeslaanklei.
Daar is nie meer groei
om my gesplete borskas te heel nie, maar daar is drade wat my twee hande nie kan span nie. Hulle s dis sterk  jy kan jou daarop neervly.
My bloedlose knie kan weer knak,
jou opraap soos net hierdie bruidegom kon en jou dra  die drumpel is oorwinbaar  uit die aand daarbuite, na ons herd met vuur. Jy kan selfs reken op n lyf. Wees net nathoutgeduldig, lief, met my.
