JERUSJALAJIM
Na Sefanja 3
Hoe skilder n mens
die skaduwees van duine, die lug vol letsels?
Hoe volg mens n kwas
vir die kromlyn van die son? Hoe akkuraat kan verf
tenks stuur deur bloed en water? Onder watter haal val n soldaat? Wat is die kleur van apokalips?
Spat skelrooi op roudoek die dag vir Gaza oop
en streep besete konvooie wat terug na Masada gly. Klaag Ramallah putblou vir vlugtelingvoete wat rigtingloos hardloop. Abu Dis raak vergete
as mortiere stofwit paaie sluit, maar verbete veg Janin n deurgang in rooi oksied en rou amber oop. Vermiljoen vir voetsoldate nog half
verwonder wanneer hulle die vel van okersand voel. Hoe tevergeefs gryp
die land na sy grense in weiveldgroen.
Maar hoe verf jy Jerusalem se naam
totdat kleur Woord word?
Watter sel van watter buis moet gebreek word vir di stad wat met elke horingwit oggend die kleur van sy beloofde genade alln weet?
