HERINNERING
ek stap verby die wingerd in ons tuin
herfs is blare wat nipperdun aan ranke klou
en uit die huis draai jou lag groen deur die vensters weg
noudat als verby is, bly talm di dag by my
ek versin die son uit loterige mymeringe soos n druif en katjiepiering drup swaar van melk oor ons binnetuin
met elke beeld val kameliakelke my dae uiteen
neig beelde op in my o die groen kleur van jou woord  in ons vallende tuin gryp bougainvilleas die muur vas
my veraf een, jou hande spat nou in aartjies
al nader na jou polse toe, die niewers van blare
en oor keiklippaadjies drup die kels van ons sederboom
hoe moet ek voort sonder die oopvou van my hand die son wat rens toegerol slaap?
die berg en die water en ons blou tuin dryf in ren
my veraf enkele een, die rose flard uit ons tuin
en duskant die gevlegte blouren en melkerige katjiepiering hang jy aan my vers soos herfsblare aan ranke
