n Danster word versoek
Landop noordwes l my voetsool se werf, ek wals hom hopies met di dat ek swerf 
n skoppiekoppie hier en n spitskoppie daar, al die ongelyktes uit die vlakte gehaal.
Rooiduin kan maar tre, klipsaam laat kners, ek skuif wat kan skuiwe, slaan n riel op die res.
Gan slaap in my o, gan voornag se as,
met sonuit draf ek wyd teen Grootrivierpas.
Soos n paddakorhaan raak ek ook ongans
as mynreuse my bladgrond tot blink plate wals,
maar die veld se kooigoed raak al hoe meer af en die sand slaan deur, so koud soos die graf.
Net vuur geloop haal en daar sit kyk ek drie dae die oopgroefmyn so, hoe mooi word gegra.
Smaak my my kopvere staan na n joppie getoor: n Vastigheid by die groef bly die toeval ook voor.
