Om aan te pas
Lykaart
Die pad na n man se hart
loop deur sy maag, s hul  of wat?
Die pad na n man se hart
loop deur sy oor  sing jou naam.
Die pad na n man se hart
loop deur sy oog  knippe en al.
Die pad na n man se hart
loop deur sy voet  dra die lamp.
Die pad na n man se hart
loop deur sy hand wat soek en dwaal.
Al die paaie, die hele kaboedel, kom bymekaar in n motorhektril.
