Salm in die poelas
Ek soek na die dronkenskap van die menigtes, die vaart wat lok tot groter vaart
om deur die vloed te klief tot waar niks meer drup.
Selfs weerlig ly aan swaartekrag.
Kan ek nie die onwaarskynlike, die godsonmoontlike doen, deur die wilde klappe
van lewende water kasty word nie, laat dan net een keer tot di skubbe weer die fyndun olie dring
sodat ek op die rug van n fratsgolf skryf en soms hoog op n rots
n rukkie l en swymel  nie om die vinrus nie, maar om die beloop te tart.
Enigiets behalwe hierdie moeras: Hoe stiller die watergras is,
hoe kleieriger word die sand in sloepe, hoe stewiger pak die gemis.
