Gevries
Terwyl jy aan die opdood is, l n mens jou sinne af,
word hul een n die ander ingekort. Maar jy kan hul heel verplaas
deur net n sinnedoos
vir n lang tyd se bre aan te skaf.
Veel omvattender is di houerplek as die huisie vir n bril,
die sakkie vir jou Phonak, die kapsule van n pil.
Dis spaarbank vir eendag se gebruik: Niks kan tog verdwyn in n oogknip en nooit ooit weer wees nie;
n dag is boonop n duisend jaar, n duisend jaar n oomblik.
Hierdie aarde sal ek gou weer ruik, die see sien speel met hierdie sand, hoor hoe rakel toue teen n mas, voel hoe waai suidoostewind,
want al my sinne is verpak, ek gaan weer uit van hier, niks is weg nie, niks gelaat: Ek is volledig ingevries.
