Opstanding
Sou jy na al jou tastings in die duisternis
jou in die dood as enigste genesing wil berus, dink aan n graf by Jerusalem: Nooit was iets leegs ooit weer vir heling so vol betekenis.
