VAN DRIE OF VIER IN N KAMER
Na n teks van Yehuda Amichai
Van drie of vier in n kamer
is daar altyd een wat by n venster staan. Hy moet die bose tussen dorings sien en die brande op die heuwel.
En hoe mense wat heel uit hul huise gegaan het in die aand teruggegee word soos kleingeld. Van drie of vier in n kamer
is daar altyd een wat by n venster staan, sy hare donker bo sy gedagtes.
Agter hom woorde
en voor hom stemme wat dwaal sonder n rugsak, harte sonder brood, profesie sonder water, groot rotse wat teruggebring is
en versel bly soos briewe
sonder adres en niemand om hulle te ontvang nie.
