SWAELS IN DIE REN
N die roof
laatsomerstorm
blitsend lem in die hand,
sluiers water was vergeefs
die wond in my kop
net dooie bloed
ontklont van my wegsyfer
met die walglike nasmaak
van geweld na my terug
onder helder water
bly ek troebel weerloos
deur donders onteien ontsiel
in Prinsloostraat agter
en bo my dartel swenk sweef
swaels in die ren 
vry ongeaarde bliksems
gereed om te trek
