Verknog
Ek wil so graag nog besig wees: n klip versit, n krui verplant, van die springgety af hardloop, n gladde duinkam trap,
n Oorlog en vrede lees.
Maar dis nie altyd soos jy wil h nie, dis tjailatyd, of jy nou wil of nie,
dis wil teen Wil.
Vat n bier, die werk is klaar.
Ek hoop net mre sal die goeie Baas my nie n bietjie oortyd laat l nie.
