Visie
Maar eindlik kom tog die saliger end
as die moeilike reis word na Bowe gewend
(Totius: Trekkerslied uit Donker Afrika)
Om vinniger by mekaar verby te kom
bou ons ruimer arkades, roltrappe, perronne steeds meer hysbakskagte in kantoorkolomme en snelwe wat elke gehug ontvlug.
Maar alle paaie lei vroer of later na n afrit of n wisselaar 
vir oulaas duisel predikante en plakkate: Ons lugdiens, vriend, kies steeds jou koers.
Die einde bly n klawerblaar met alle paaie in mekaar gestrik;
wie daar ingaan, doen dit tydsamer, moet goedskiks na n laer rat toe glip.
