Duskant Cookham Lock
Wat hou ek oor van my gekaarte reis deur England Forever? My verwondering oor n glorieryk geskiedenis
so sekuur bewaar? Geen verskoning
kan ek op slot van sake eis nie:
Van lyding in vroue-konsentrasiekampe is daar geen teken, geen bewys.
In die gesmukte Tower of London het ek die Beefeaters vermy, tussen al die ysterhalssnoere,
die martelkatels en heilige altare het ek vergeefs gesoek na seepkis, na tent wat eens gestaan het
op die ysdro vlaktes van my land.
Opvallend was die harnas waaragter Hendrik (di Hendrik met die slag met vroue)
sy kroonjuwele kon beveilig terwyl ander gewone koppe saam met di van hoenderhane onder halfmaanbyle swaai.
l verwysing na ons stertetyd was nefens die Windsor-kasteel onder aan n standbeeld
van koningin Victoria se kleinseun, kordaat in volle militre drag,
di inskripsie: Oorlede in Pretoria.
Uiteindelik het ek gaan vaar op die, met reg besonge, Teems
(n lou straaltjie is ons mighty Apies). Van my dieselaangedrewe boot Montana kon ek geen berg gewaar,
maar daarvoor het hy ruim vergoed deur kortby Cookham Lock te strand.
n Wreld het verby gegaan: Ek kon na nuwe dinge kyk,
net nog gedink aan onse Uys se tram, die mars van name deur sy gees, maar plaas van plekke was dit bote waarvan die name deur my stroom  bevrydend bo die Plimsoll-lyn
van huiwering en vrees:
Moonraker, Cloud Nine en Alibi,
Alternative II en, sonder syspaan, Endorphin, met bietjie spog in Inconclusive.
n Dobbertjie met buiteboordmasjien heet vermaaklik Old Boys Lullaby
en in nog n golfpoepertjie, Captain Cook, paradeer die trots in ironie.
n Berig kom oor die radio deur: In Londen is n motorbom ontdek.
Hier haas die bote na n groot regatta.
n Enkele een breek op my soos n droom; die naam teen die boeg is byna-Afrikaans:
Uit de maelstroom. Desondanks
spoel sy trog n half versonke bootjie oop en Nooit volmaakt dryf die breker agterna.
