Doosbankse gebed
Al wat ek vra, is dat U as Goeie Herder,
hier waar ek een is van U trop briekwaskaap, dat vir geval U my, ek  verloor
U my met di rotker-mes sal merk: swaelstert in die linkeroor
 hoe gretig sal my bloed nie raak om U deurboorde hand te vlek!
En dan, my Herder, nog die regterkant: n slip en halfmaantjie van voor.
