Bakerbank
Geboortegrond, my Suidoostebank, ek kom na jou toe in die winter,
ek kom deur die drif met sy rifelplate:
Ek hoor hoe klink my kom teen die kranse verby die elmboog van die oulandmuur.
Jy is geen verkluimkop, jou suidooster kom my nie by nie: Jy is my boggelrant met n windbreeklaning daaraan toegevoeg en die Vroeblomberge aan die ander kant.
Ek sal n vuurklip warm maak,
die blaaie van n lewe daarom draai om een n die ander weer oop te vou namate dit al kouer raak.
