Die omte van weet
Oor Patensie wil die stof maar nie gaan l nie; by Patensie is daar geen swaeltjie in vlug, want by Patensie is geen insekte meer nie, geen naweltjie daar sonder gif.
Jy kan nie gesonde lemoene wil h nie
en terselfdertyd swaeltjies hoog in die lug.
Dis alles dollies, dood-, dooddollies, niks om jou van jouself te vervreem nie,
niks wat vlees en bloed nie kan verduur nie, wat n regop rugstring nie kan dra nie
en n vierkantige kyk in die o kan skaad nie.
Daars soveel versagters, soveel salf te smeer; waar dit nie kan loop nie, daar kruip dit
tot op die rand waar die groot wind waai: hoop op verrukking, nie op ontruk.
Maar weet lyk so ver, so dof soos die see, om te weet dat n oranjerooi najaar wag,
sal ek die spuite bre, die vrugtevlieg laat vlieg  om te weet sal ek net mooi my alles gee.
Oor Patensie wil die stof maar nie gaan l nie; by Patensie is daar geen swaeltjie in vlug, want by Patensie is geen insekte meer nie,
