Bitterhout
Die ewig vergeefse reik na water
van n Tantalos; die Godseun Christus se onvergeetlike Ek het dors
slaan by my neer in n hunkering na n bitterhout uit die vergange.
Omdat die water in n toegeruste gat te swak was vir meganiese onttrekking is n houtpaal aan die stang gekoppel sodat n vermoeide dit kon werk
vir lafenis langs die warm pad.
Wars van vitamienaanvullingsreklame en die soeke na n opfrismiddel, besoek ek vandag my bitterhout,
vou ek vandag my vilthoed bak
en pomp hom boordensvol, en drink, my binneste ongerg aan t skommel.
Uit mites her word stowwe opgedis, as sou n mens genesing daarin vind  wat my betref, ek sal steeds die roes in my bitterhoutjiewater kies
bo daardie doepa aan die punt van n bemoeisieke Telefos se spies.
