Weg wees is niks
Weg wees is niks. Dis die gaan
wat hoe is. Sal dit wees
dat wat grip was glad sal word dat wat vas was los sal word, wat solied was bros, en val?
Sal dit wees
soos namakwaduif wat blind gerig op n laaste paring sy balans verloor en in die kriebos verstrengel raak?
Sal dit wees
soos n wonderwerk, soos die janiskaal met sy alleengesprek wat agterkom
hy vloek verniet die klapperpeul,
dis vir johannesbrood eenmanier die meel.
