ESPRIT DE CORPS
di dag
toe ons alles wou behou
alles sielloos vir grond wou offer
toe ons Grens n god word
ons godsdiens n Dril
ons hemel n Ruitverwysing
toe christus vroom deur Kapelane
in bomskuilings gekruisig is
toe ons kinders
in tweedeklas kompartemente
in pelotons eskadrons
in batterye groepeer is
in sitrappe vermeld is
soos konfetti uit flossies gestrooi is
in plastieksakke
uit vegspanne tuisgekom het
post humus gedekoreer is
toe
juis toe
het ons alles verloor
