JUDA
Na die brandskildervenster van Chagall
Rissierooi glas, n wond wat giet
op die altaar van lig
en die kroon soos rokerige wierook wat oor sy sigsagrand sy juwele utstort
na die wagtende hande van een wat sy lof ontvang;
soos een wat die dag sien kom.
Juwele wat afstraal na die vinnige ichtus
wat uit die donker nette
van lood en die verhitte staaf van die glasbrander sal glip, om die lig af te tas
soos hy glip deur die rooi glas van bloed.
