Onwrelds raak
Ondanks ons omskrywings  ondier, onmens, onding  bly die dood onaangeraak, stel hy hom heelhuids beskikbaar aan elke skrik soos van die bospatrys
wat skielik opdreun uit die gras.
Ons ken maar net ten dele,
van dood net die teenoorgestelde: kom naaste met onlewe,
maan onsself om nie net pal
die niet van negatiewe in te staar nie, om liefs met iemand sonnigs saam,
n Rupert Brooke of ander jong Apollo, voor die Grand Canyon te staan,
die aarde te sien wegval: Asemrowend om te ervaar
hoe kleurryk kalwerende kragte werk.
En dan iewers, rens vrede te ontwaar.
