Sprokie van die seeboon
n Kalkoenvis, hardeveerkalant, moes nes geskrop het in ons baai, want n seeboontjie is losgekrap en voor my voete afgelaai.
Hys koel en glad en niertjiebruin  ek heg n sleutel aan hom vas waarmee ek moontlik toegang kry na kelders wat geslote was.
My boontjie word n wonderplant, laat my weer in sprokies glo:
n Janrap het met n boontjierank warempel opgeklim tot Bo.
