Dooie See
Kyk na hom, hoe hy hier l: stil en mat en oud.
Maar staar jou nie blind op hom nie. Dink aan ander kuste, ander waters, dink hoe hy kon tekere gaan
tussen die knypers van Boggomsbaai in die blink pad van die maan,
dink hoe hy kon speel
oor die rotse by Jongensfontein, hoe hy kon voorskooie maak by Victoria- en Bettiesbaai.
Vergeet hoe oud hy word, soos hier waar hy plat l soos n dooie; vergeet sy stilte, sy klein asem, dink, dink net aan sy mooie.
