By Bad-se-loop mors die son nie tyd nie hy brand jou op die plek
koel kleite toe.
Die wind l nie lank nie, vat nie wat voorkom nie: In die stilte van die bos voel n kroonden skielik hoe n lawwe dwarrel tot in sy kreun eekhoring.
Maar die groot skrikmaak kom, wanneer by Doornhoek
die weerlig regop staan en die blaarlose vaalbosse padlangs, kloofaf
laat spaander voor die rook.
Al wat die stywerugjakkals nog regkry met sy skreeu is dat die pvol
in die wag-n-bietjie-boom een tak laer val.
Die rooi in die aand, die rooi in die lug
rym nie met dood nie 
al wat dit s, is: Mre, oormre water in die sloot.
Solank ek hier is,
in die donker en ligte seisoen, naderhand niks anders kan doen nie as soek na my volgende tree,
en huil en lag en huil en lag, speel die natuur natuurlik mee om my ritme te bosvark.
