Ode aan die onrus
Kyk na die water waar rus is, hoe dit verander, hoe dit vries. Maar is daar diep in n roering, slaan golf op golf n bres.
Gelukkig is daar vlae wind, gelukkig is daar n opraapson, en groter nog is di geluk:
Ek, skepsel, het waterryk gekom.
Beweeglik kon ek aldus bly in matjiesgoed of poelpetater. Oor Niagara kon ek gly
en oor die Muggievalle skater.
Raak ek weg by Randfontein, is dit nie weg vir ewig.
Ek slaan weer blinkvars uit in Kuruman se oog.
Platl is dooieding se stryk; met opstaan kan n kring begin: n boog wat uit die hemel wyk, met ren die aarde binnedring.
Dankie dat ek water is, dat ek nie minder raak nie, op die plek ontsnapkunstenaar kan wees wat lig en in n stortbui trek.
