Pylinkvis
Sy slakkehuis is afgebreek met di dat hy wou strome vat, met verkeerdom swem
leer woeker het, deur water in te neem en los te laat, in die proses sy arms vry
te stroop, n pen te kry, n sak vol purper ink waarmee hy al wat bedreiging is, ontstig,
want die wolke kleure wat hy skep, daarin is hy nie, hyt uitgevaar, aan die nagaanbare ontsnap.
