Nagblommende kaktus
Met rifelvel en doringsproei hou hy sy lyf uit kompromis 
geen skuurpaal hy, geen platlbrug; niks voos vind in sy mikke rus.
Vir groei weef hy eers die patroon, ontplooi n hele arsenaal waaragter die geheime stoot 
sy nekuitsteek is ver gaan haal,
ongenaakbaar, met skoon behae in son wat hom weer in homself in stuur totdat n glanskopblom deur alles kom en een nag oopgaan op die prik
van n melkwegteer struktuur.
