BEULAH:
Hys wreed, Jerome, is hy nie? Maar jy kan mos
nooit wreed wees nie. (Pouse.) Wat dink jy van my
glimlag?
BEULAH beweeg die masker subtiel.
JEROME
(kyk na DENNIS): Die slangetjie roer.
BEULAH
(streel met haar voorvinger oor die masker): En as
hy verswelg sou word deur n oop, honger mond?
BEULAH pluk die masker voor haar gesig weg en vertoon haar oop mond dramaties.
JEROME:	Mooi. Baie mooi.
BEULAH:	Net mooi?
BEULAH maak weer haar mond  nou doelbewus sensueel  oop.
DENNIS: Sickening! You are perverse, darling. Of net plein-weg jags.
DENNIS gryp die tas en stap na JEROME se suite. BEULAH reageer nie op DENNIS se vertrek nie.
BEULAH:	n Honger mond. (Maak weer haar mond wyd oop
en lek sensueel oor haar lippe.) Net mooi?
JEROME	(staan op): Jissus! Jy fok my rond soos geen mei-
siekind nog ooit kon doen nie.
BEULAH:	Dis  die  idee,  skattie.  Dis  my  idee.  (JEROME  kom
nader.) Kry vir ons die groot handdoek by die stort.
(JEROME begin stap.) Nie n dro een nie. Bring die
natte.  (JEROME   af.  BEULAH   kyk  na  skildery  van
baron Carlos.) Dink jy ek vorder? Ek wil jou nie
teleurstel nie. Sal ook nie. (JEROME verskyn met die
handdoek.)  Ruik. Toe  ruik.  (JEROME  ruik  aan  die
handdoek.) Wat ruik jy? (Hy staan woordeloos, on-
beholpe.) Ruik jy nie jasmyn nie?
JEROME	(verward): Nee. (Pouse.) Ek ruik niks.
