MATRONE
(vinnig): Nee, Madame. Ek kan nie. Ek kan werk-
lik nie. (Pouse.) Verskoon my, asseblief.
MATRONE beweeg vinnig af.
BEULAH:
Etiese kode? Dis intimidasie. (Sit masker neer. Sy
verwyder die blommerangskikking van die koffie-
tafel.)  Dit  gaan  n  ware  fees  wees.  (Plaas  rang-
skikking op die bed weens gebrek aan ruimte.) n
Inspirasie vir Polanski. (Deurklokkie lui. Gryp Ne-
fertiti-masker en hou dit voor haar gesig.) Binne!
DENNIS
(verskyn met groot drasak): Hi, darling.
BEULAH:
Hi.  (Wys  na  koffietafel.  DENNIS  plaas  die  drasak
daarop.) Is jy gereed vir die groot oomblik?
DENNIS:
Cant wait, madame Beulah.
Beulah plaas sy hand op die maskerstokkie.
BEULAH:	Die onthulling is jou voorreg.
DENNIS skuif die masker stadig weg.
BEULAH:	Wel?
DENNIS	(in  totale  ongeloof):  Verbysterend!  The  deed  is
done! (Hulle omhels in vreugde.) Jou arme bewon-
deraars. Aanklagte van seksuele teistering sal soos
n swaard oor hul koppe hang.
BEULAH:	n Monsterwet! N vyftig kan die stylvolle teiste-
ring van n vreemdeling jou vel onmiddellik tien
jaar verjong, jou liddorings versag en starlight in
jou o strooi. Blatante molestering deur n begeer-
de man kraai egter koning. (Plaas n vinger voor
DENNIS se lippe.) Tjoepstil. Nie n woord nie tot ek
s: Saluut! (Sy wys vir hom om te sit. Hy doen
dit.  Sy  haal  n  groot  silweremmer  en  vier  bottels
sjampanje  uit  die  drasak.  Sy  ontkurk  dit  seremo-
nieel en skink een vir een tot die laaste druppels in
die  emmer.  DENNIS  kyk  verdwaasd,  maar  tog  ge-
amuseerd, na die hele ritueel. Sy gee twee maskers vir hom.) Nefertiti en Grace Kelly vir jou. (Sy plaas die ander twee op die koffietafel voor haar stoel.)
Cleopatra en Miss Universe vir my. (Sy stap na JEROME se suite en verskyn weer met n bottel wyn, twee kristalglase en n kurktrekker. Sy ontkurk die bottel behendig en gaan sit.) En nou. (Sy geniet haar eie geheimsinnigheid.) Terwyl ons vriend Chateau Lafite sy eerste asem haal, ontneem ons die skoonheidsgodinne hul laaste asempies. (Sy neem die Cleopatra-masker in haar hand en be-duie vir DENNIS om ook n masker in sy hand te neem. Sy hou die masker bo die emmer. DENNIS volg haar voorbeeld.) Van papierpappery is jul ge-maak, en tot papierpappery sal jul terugkeer. (Hul doop die kopstukke van die maskers in die emmer sjampanje en roer dit behaaglik in die rondte.)
Toemaar, julle sterf nie. Sal voortleef in my.
BEULAH en DENNIS neem die ander twee maskers en herhaal die ritueel.
DENNIS (stil): Jou obsessie met skoonheid is getting mon-strous. (Pouse.) As jy n dogter sou h, sou jy nou haar identiese tweelingsuster kon wees.
BEULAH: Op my sesde verjaardag het Pa vir my n klein wit troetelvarkie gegee. Sy was pragtig. Pa het ges ons noem haar Miss Piggy. Ek wou weet wat be-teken dit. Toe s Pa: Sy is die mooiste varkie op aarde. n Skoonheidskoningin! Die eerste week of twee het ek haar elke aand n lekker slaapsoentjie gegee. Ek kan nou nog haar skoon melkasempie ruik. Een skoolvakansie, n paar jaar later, het ek vir haar by die varkhokke gaan kuier. Haar hoe-veelste werpsel het om haar gespeel. Haar vuil, verrimpelde en uitgemergelde tepels het byna op die grond gesleep. (Pouse.) Dit was afgryslik! Ek was naar. Twintig jaar later  in die Grimaldi-paleis
Dankie. (Gaan sit weer in haar stoel.) He is such a pillar of strength.
(kyk na die skildery van Carlos): Indeed. (lig haar glas): Hy ook.
Beulah, dear s niks! Fokkol! S: Beulah Jas-mine!
(oorbluf): Beulah Jasmine.
(asof sy vir haarself skrik): Ek is jammer. (Gaan kniel langs sy stoel.) Im so sorry. Wat het gebeur? Its just not me.
Toemaar. Ontspan. (Pouse.) This moment is just too much for you.
