BEULAH
(wuif): Bon voyage!
JEROME af. BEULAH sit die masker op die bed neer en staan op.
BEULAH	(dramaties): A mirror, a mirror! My kingdom for
a mirror! (Haal handspiel uit bedkassielaai. Kyk
intens daarin.) Nou is jy weer my beste vriendin!
(Pouse.) Die res spaar ek jou. Die klein spataartjies
en yl kolletjies op my kop is n tjoeftjaffie vir die
geleerde manne van vandag. (Sy soen die spiel.)
Ons sal mekaar nou meer dikwels sien. Goddank
ek het nie kinders nie. Anders moes ek nog n de-
signer vagina ook kry! (Ernstig): Indien wel, sou
die  binne-  en  buiteskaamlippe  nog  dieselfde  jop
kon doen? Sou moedermuis, lokengel voor die ge-
notgrot, nog haar pels sagkens kon vertoon? Of sou
sy  bloot  n  kunshaarknoetsie  word?  (Pouse.)  Ek
wonder  net.  (Plaas  handspiel  terug  in  die  laai.
Druk  knoppie  teen  die  muur  bo  die  bedkassie.)
Selfs Matrone het ontpop in n warm, vriendelike
mens met n splinternuwe aanslag en meer gereel-
de besoeke. (Deurklokkie lui. Plaas masker vinnig
voor haar gesig.) Binne.
MATRONE	(verskyn): Madame?
BEULAH:	Stap nader. (MATRONE stap nader.) Ook jou vel lyk
sommer  blosend  jonger.  (Knipoog.)  Oor  n  paar
maande kry jy van my n koopbewys vir die mees
gesogte  skoonheidseep  van  alle  tye.  Lewenslank.
Beulah Jasmine.
MATRONE	(ongemaklik): Ek  wel, ek .
BEULAH:	Dis asof jy deel in my vreugde. Dis my dank daar-
voor.
MATRONE	(baie ongemaklik): Madame  wel  dis teen ons
etiese kode.
BEULAH:	Jy sal sag, subtiel ruik na jasmyn.
