die  letsels  van  n  Kalahariplaas,  Clifton,  Sandy
Bay,  Nice,  Barcelona,  Milaan,  Costa  del  Sol  
God weet waar ook al. (Voel om haar nek.) Carlos,
my  darling  Carlos,  dit  kan  ek  onmiddellik  ver-
bloem met n stapel goue nekringe. After all, ek is
van Afrika en etniese erkentlikheid is high fashion.
(Vryf oor haar boepensie.) En di sal plat l  soos
toe jou tong op ons eerste aand saam my naeltjie
penetreer het. Glo my, Carlos, dit was die orgasme
van my lewe. (Pouse.) Toe s jy: Oh, Boeremeisie
 Boeremeisie. You know so little, but you are so
keen to learn so much! Carlos, net ses maande en
ek sal jonger lyk as toe ons laas saam was. Ek was
toe  sestig,  was  ek  nie?  Oor  ses  maande  is  ek  n
stunning veertig.
DENNIS
(lig verhelder op hom): Nie net jou lyf nie. Jy sal
jou kop ook moet regkry.
BEULAH:
Carlos,  darling,  my  hare  is  nog  pragtig.  (Pouse.)
Wel, n yl kolletjie of twee miskien.
DENNIS:
Jou kop, Beulah. Jou kop onder jou haarwortels.
BEULAH
(stoot  haar  vingers  sensueel  deur  haar  hare):  So
sag, so vol en steeds die natuurlike glans. Dit het
jou  altyd  mal  gemaak.  Twintig  jaar  ouer  as  ek,
maar met n libido for eternal love. Ons laaste aand
saam het jy nog steeds  soos so dikwels  jou drie-
kuns behaal. Op sewentig! Daarna het jy altyd jou
neus sag snuiwend deur my hare gestoot: Jasmine
 exotic, natural jasmine. You know why jasmine
will never feature as a fragrance in any of my prod-
ucts? Dan het ek  oh, so humbly and innocently
 geantwoord.
DENNIS:
I dont have the faintest idea.
BEULAH:
En dan jou diep, sonore stem: You will be the only
woman ever to bear the smell of jasmine.
