EERSTE BEDRYF
BEULAH sit met haar rug na die gehoor in n swaaistoel. Sy kyk na n grootskerm-televisie wat voor haar op n tafel staan. Slegs die kleurstrepe  soos voor n video begin  verskyn op die skerm. Langs die stoel is n tafeltjie met n yshouer, n whiskyglas en n bottel Jack Daniels. Sy skink haar dop en lig die glas as onbeant-woorde heildronk.
BEULAH:	Al Pacino, jy, my wet dream darling, met apologie
aan jou Scent of a Woman: As jy Jack Daniels so
lank as ek ken, dan noem jy hom John. (Sy klink
haar  glasie  teen  die  bottel.)  Cheers,  John!  (Lig
weer  die  glas  as  heildronk.)  Eersdaags  word  die
plooie platgestryk! Fokkit! Plooie is ekshibisionis-
te. Paradeer in die ooptes van gesig en nek. Oor die
bedekte veld van borste, pens, rug en boude flap
net los velle! (Neem n slukkie. Sy druk n knoppie
op die afstandbeheerde skakelaar.) Kom, kom, my
uitsoekklong,  verblind  my  met  jou  curriculum
vitae!  (Die  video  begin  rol.  DENNIS  se  gesig  ver-
skyn.)
DENNIS:	Hallo, Beulah darling! (Hy wuif geheimsinnig.)
BEULAH:	My fok! Al weer n nuwe toupee!
DENNIS:	En nou  sal ons maar s  met die komplimente
van baron Carlos. (Dramatiese afwagting op sy ge-
sig.)
BEULAH:	Begin, darling, begin. (Lig glas.) Rest in peace, my
geliefde Carlos.
DENNIS:	Maar eers: Vir nege en twintig jaar het ek jou ge-
klee. Al jou haarstyle gekies. Al jou uitrustings f
gekies  f  ontwerp. As  medeskepper  van  die  per-
sona en ikoon Beulah, het ek my n vryheid of twee
binne  die  raamwerk  van  jou  opdrag  veroorloof.
(Dramatiese afwagting op sy gesig.)
BEULAH:
Die persona is vergete! Die ikoon n plooibakkies,
boepensie en saalsakheupe in wording. (Lig glas.)
Op jou, Miss Piggy!
DENNIS:
Nommer  een:  Ek  het  jou  posbetiteling  van  per-
soonlike  assistent  wyslik  interpreteer  as  chauf-
feur,  gourmet  chef,  lyfkneg  en  katelknaap.  (Stout
afwagting op sy gesig.)
BEULAH:
Jy! Salomo in Sandton!
DENNIS:
Tweedens:  Daar  was  honderd  en  drie  applikante;
waarvan  ek  net  sewentien  vir  persoonlike  onder-
houde genooi het. (Speels): Danksy jou baron be-
hoort jy jou darem nie vaal te skrik vir die enter-
tainment invoice nie.
BEULAH:
Saluut!
DENNIS:
Die onderhoude was fyn beplan. (Vervolg met sug-
gestiewe stemtoon): Openhartig, in enkele gevalle
uitlokkend.  (Vinnig  en  saaklik):  Maar  deurentyd
met die nodige professionele afstand en verdedig-
bare moraliteit. (Baie vroom gesig.)
BEULAH
(uitbundig): Ou dubbeldoor, jou doring!
DENNIS:
Derdens: Ek het besluit op n kortlys van drie en
videoprofiele van elk  danksy jou baron  deur n
top  reklamegroep  laat  verfilm.  Die  aspirante  het
egter self hul tekste geskep. (Stout): Tighten your
bra and buckle up your panty!
BEULAH
(lig glas): En jy drink jou blouvitrioel!
Die video begin. ASPIRANT 1 stap in n chauffeuruitrusting na n luukse motor, maak die linkeragterdeur galant oop vir sy denk-beeldige passasier, maak die deur weer toe, stap om die motor, klim in en ry weg.
BEULAH: Die boudjies is te slap! En die linkerskouer hang so effens.
ASPIRANT 1 vertoon sy kooktalent met bogemiddelde behendigheid in n luukse kombuis.
BEULAH:	Mooi hande!
n Nabyskoot wys ASPIRANT 1 wat n dubbele sjokolademousse voorberei.
BEULAH:	Versoeking sal my voorland wees!
ASPIRANT 1 doen oefeninge in n gimnasium.
BEULAH: Gelukkig net die skouertjie wat hang. (n Naby-skoot van hom terwyl hy skeer en daarna sy gesig afspoel.) Lekker vol lippe! (Hy haal die handdoek om sy lyf af en stap kaal by die stortdeurtjie in.)
Nee, o hel! Die boudjies is te slap. (n Kop-en-skouers-nabyskoot met sy hare nog nat.)
ASPIRANT 1: Ek is Danie. Drie en twintig. Geen tersire oplei-ding nie, maar eerlik, lojaal en hardwerkend. (Glimlag.) Ek is daarvan oortuig dat ek u keuse sal wees.
BEULAH druk die knoppie en die video begin weer speel. ASPIRANT 2 trek sy chauffeuruniform aan. Dis n proses van pynlike presi-sie, soos di van n gesoute model. Daarna berei ASPIRANT 2 n vegetariese dis voor met die behendigheid, spoed en energie van n Jamie Oliver.
BEULAH:	Wat gaan word van die karnivoor in my!
ASPIRANT 2 kom iewers op n strand uit die branders gestap in n deurtrekkerswembroekie. Hy vou n handdoek oop, gaan sit daar-op en begin sy bolyf met sonbrandroom invryf. Die kamera zoem in terwyl sy handbewegings n sterk sensuele boodskap uitstuur.
BEULAH:	Valentino  paperback edition!
ASPIRANT 2 (nabyskoot van sy gesig waarin die o, neus en mond geaksentueer word): My naam is Leonardo. Dertig jaar oud. Die woema van agtien. (Drama-tiese pouse.) Wie anders as Leonardo?
BEULAH druk die knoppie en die beeld stol.
BEULAH: Less is more, my darling. Always more. (Skink vir haar nog n drankie.) En nou vir die grand finale.
BEULAH druk die knoppie en die video begin weer speel. ASPIRANT 3 is chauffeur van n luukse motor wat aangery kom en netjies voor n weelderige huis parkeer. Hy klim uit en maak die linker-agterdeur galant oop vir die denkbeeldige passasier wat uitklim. Hy maak die deur toe, haal n klein panfluit uit sy baadjiesak, staar na sy passasier wat wegstap en begin Home sweet home op die panfluit speel. Hy steek die panfluit in sy sak, haal twee tasse uit die kattebak en dra dit flink met n veerkragtige stappie na die voordeur.
BEULAH:	Argaese poephol.
ASPIRANT 3, geklee in n noupassende kortbroekie, doen liggaams-oefeninge langs n swembad. Dit is n eksplisiete vertoon van sy opvallende liggaamlike bates. Die push-ups suggereer blatant kopulasie. Kamera zoem in op sy gesig wat in geen onduidelike terme nie genot weerspiel. Hy rol om en l op sy rug met n gesig wat spreek van voldoening.
ASPIRANT 3: Ek is Arthur, ses en twintig en ek verstaan vroue. Veral di met die rypheid van jare, is vir my on-weerstaanbaar.
BEULAH skakel onthuts die video af. Sy swaai haar stoel om en die gehoor sien haar vir die eerste keer van voor. Sy is n ou, vervalle skoonheid.
BEULAH:	Klein  stront.  Verbeel  jou:  rypheid  van  jare.
(Steeds ontsteld, skakel sy n nommer op haar sel-foon.) Dennis, darling, het pas na jou oudisie-pro-files gekyk. Wait. Wait. Wait. Onthou ek is in die driving seat. My keuse is Danie. Hy begin oor twee weke. S vir hom sy naam is voortaan Jerome. Hy moet onmiddellik begin werk aan sy slap boudjies en daai linkerhangskouertjie. (Pouse.) Of course is drie en twintig rather teasing. Maar dis sy onskuld
en nawiteit wat tel. (Dan stout): Ek kan hom soos n hanslam met die tiet grootmaak. (Lag uitbun-dig): Bye-bye. (Skakel selfoon af. Lig haar glas.)
To  you,  Mister  Tennessee  Williams,  and  your
Sweet bird of youth.
Lig doof uit op BEULAH en in op DENNIS op die voorverhoog links.
DENNIS: Nog steeds daardie onblusbare zest for life! (Knip-oog.) En van veertig af haar liefde vir  soos my ouma sou s  kuikenmoord. Beulah is magic. n Enigma. n Ikoon. Haar favourite party line bly steeds: Op vyftien het ek my eerste movie gesien. Jack Palance in I died a thousand times. En net daar het ek  n dorpsdogter met rooi hakskeentjies  besluit: Ill live and love a thousand times. (Knipoog.) En het di dorpsdogtertjie dit nie ten volle tot bot gebring nie! Mejuffrou Matriek. Toe Mejuffrou Landbou. Joolkoningin. Miss Sandy Bay. (Pouse.) Glo my, die Kaap was behoorlik op horings. (Pouse.) Met die see aan haar kant, het sy geweet die groot vis sal byt. En hy het. (Drama-tiese pouse.) Miss Universe. Modelkontrakte. Op die loopplank vir die voorste ontwerpers in Europa. In die zoemlens van die elite, glossy fashion maga-zines van die wreld. (Pouse.) Sy het n kontrak as centre-fold girl vir Playboy van die hand gewys! Di weiering, wat internasionale mediadekking ge-niet het, was so reg in die kraal van baron Carlos  internasionale skoonheidsmagnaat vir elke vrou in die wreld  met n gevoel, n droom en n ekstase vir hr vel. Vir tien jaar het sy gepronk op die ver-pakking van biljoene der biljoene koekies seep.
Kollig doof sagter op hom en skerp in op BEULAH aan regterkant van voorverhoog.
BEULAH: Glansdrolle vir vullismandjies. (Streel oor die sakke onder haar o, die plooie op haar wange en haar nek.) Die merke van leef word brandmerke:
