BEULAH
(skuif masker fermer oor haar gesig): Later. (Kam-
ma formeel): Dennis en Milan Mirror kry die aap-
stuipe as dit nie hulle is wat die eerste onthulling
behartig nie. (Neem JEROME  se hand en gee dit n
drukkie.) Daar wag eintlik twee pakkies by my ju-
welier. Die een is vir jou.
JEROME:
Ek wil nie ondankbaar klink nie, maar ek is nie n
ou vir ringe nie.
BEULAH
(skuif JEROME  se linkermou effens op en speel met
haar wysvinger oor sy pols): n Waardige tuiste vir
n Rolex. (Speel nou met wysvinger oor haar lin-
kerpols.) En daar sal groot glansgeleenthede wees
waar n Cartier meer paslik as n Gucci sal vertoon.
(Pouse. Sy gee die visitekaartjie vir hom.) Jy beter
opskud,  ek  verwag  Dennis  nou  enige  oomblik.
(JEROME  neem die leer en stap by sy deur in.) Ek
beloof jou, my liewe Carlos, dis nie vars geld wat
vingers  brand  nie.  Dis  vuil  geld  wat  afgespoel
word  vir  n  verantwoorde  belegging.  (Pouse.) Te
hel met Milan Mirror en Dennis! Let the unveiling
be for you, my love. (Sy staan nou op haar knie
op die bed en swaai die masker stadig voor haar
gesig weg. Dis die gesig van n beeldskone vrou. Sy
lyk nie n dag ouer as veertig nie. Sy plaas die mas-
ker neer en soen Carlos teer op sy lippe.) Ek weet
jou o en wange gloei van pure trots onder die koue
olieverf. Maar weet, my liewe Carlos, weet dat ek
dit sien!
BEULAH hoor iets uit die rigting van JEROME se deur, plaas die masker vinnig voor haar gesig en neem weer haar sit-l-posisie op die bed in.
JEROME (verskyn met Rolls-Royce se sleutels in sy hand): Ek is op pad.
JEROME knipoog en stap uit.
