DENNIS:
Even better as toe jy op die kruin van jou career
was.  (Wys  dramaties  na  al  die  weelderigheid.)
Stunning is not the word, my darling!
BEULAH
(stil): Nogal.
DENNIS:
Cheer up! Jy sit soos n muurprent wat s: Uit diep-
tes gans verlore.
BEULAH
(stil): Ek dink aan my pa.
DENNIS:
Jy bly n enigma.
BEULAH
(stil): Pa het altyd ges: n Leuen klim poedelnaak
op die stasie af, maar teen die tyd dat hy die midde-
dorp instap, is hy ten volle geklee  selfs met n
pluiskeil op.
DENNIS
(snap onmiddellik): En wag dit nie vir jou nie! Die
middedorpe van Parys, Madrid, Londen, New York,
Milaan, Cannes, Nice  die wreld sal weer aan
jou voete wees.
BEULAH
(spring woedend op): En al wat vrou is, sal ruik na
jasmyn.
JEROME kom by die kamerdeur in soos n gesoute hoofkelner. Hy plaas n skinkbord met n bottel rooiwyn en twee kristalglase op die koffietafel.
JEROME:	Is  dit  hy?  (Hou  bottel  dat  BEULAH  die  etiket  kan
lees.)
BEULAH:	Die ware Jakob. Per lugvrag uit Frankryk.
DENNIS	(wys met hand na JEROME  se kamerdeur): Dankie.
Ons sal jou verskoon.
JEROME	(maak n hoflike buiginkie): Goeienag, Madame; ry
veilig, Meneer. (Hy stap na sy kamer.)
BEULAH lui die klein silwerklokkie op die koffietafel. JEROME ver-skyn weer.
