MATRONE:
Lorca wie?
JEROME:
Ek weet nie.
MATRONE:
Slimkind, gaan lees gerus Yerma.
JEROME
(probeer  sjarmant  wees):  Dink  net:  die  reuk  van
leer. Die reuk van jasmyn.
MATRONE:
Wat teen een neus streel, sal teen n ander stink.
MATRONE glimlag triomfantlik. Lig doof uit op hulle. Kollig doof in op DENNIS waar hy n e-pos op sy skootrekenaar tik.
DENNIS (praat terwyl hy tik): BaronCarlosFoundation@yahoo.com.net
Re: Beulah Jasmine Dear Sirs,
Your undertaking to co-op Beulah as a full member of the board after her successful completion of Operation Beulah Jasmine is  to say the least  humbly appreciated. After three months of univer-sal celebrity support, medical excellence, personal dedication and determination from Beulah herself, I take great pleasure to report:
a discreet photo session is scheduled for tomor-row and a comprehensive portfolio will be e-mailed to you; 
Jerome, her versatile personal assistant, is cur-rently under extensive training with V.I.P. Bodyguards Incorporated; and 
medical, psychological and persona recreation are on schedule. 
Lig doof uit op DENNIS en in op MATRONE.
MATRONE: Ek kon haar eers nie vat nie. Ydel, verwaand, on-beskof. Kortom: n patetiese, suur ou plooidrol. (Pouse.) Maar haar o, haar lippe, haar mond  dit het my anders na haar laat kyk. Oor haar laat dink.
Baie dankie.
Op pad na my juwelier moet jy by hierdie adres aanry. Hulle verwag jou.
Vir?
Jou mate. Die beste snyer in die land. My garde-robe word mre vanaf Milaan ingevlieg. (Draai haar kop effens na skildery.) Baron Carlos het ge-brul.
(klim teen leer af): Baie dankie.
(Pouse.) Onder al die teatraliteit en bravade skuil n vrou vol warmte. (Pouse.) Ontgogeld miskien. Maar tog steeds soekend.
Lig doof uit op MATRONE en in op BEULAH se suite. Sy sit op die bed met haar rug gestut teen die rugleuning. Sy hou die Cleo-patra-masker voor haar gesig. n Rooi lint met n strik in die mid-del hang teen die boonste balkie van die skilderyraam van Car-los.
JEROME, geklee in sy Diesel-jeans en n duursame hemp, is doe-nig met die leer. Hy haal ou rangskikkings af en vervang dit met nuwes.
BEULAH: As jy klaar is met die blomme, moet jy n pakkie by my juwelier gaan afhaal. Hy ken my smaak beter as Dennis.
JEROME:	Nog net twee, dan is ek klaar.
BEULAH (verskuif sensueel van posisie): En as gelukwen-sing met jou vordering by V.I.P. Bodyguards In-corporated, mag jy maar sonder jou chauffeur-uniform agter die Rolls se stuur inklim.
BEULAH tel n visitekaartjie van die bedkassie op.
JEROME:
BEULAH:
JEROME:
BEULAH:
JEROME
JEROME stap na haar en buk vooroor asof hy haar wil soen.
