MATRONE:
Madame Beulah het ges 
BEULAH staan op agter die gemakstoel. Sy vat aan haar oor en knipoog vir MATRONE.
BEULAH:	Oorbelle  soos vals minnaars  is meesters in die
ontglipkuns. (Knip oorbel vas.)
MATRONE	(ongemaklike glimlaggie): Ek sal nie weet nie, Ma-
dame.
BEULAH	(met herstelde waardigheid): Ha! Nog n besoeker!
MATRONE	(knipoog  vir  BEULAH):  Die  wyse  entrepreneurs  is
woelig vannag.
BEULAH:	En die rykes mildelik! (MATRONE gee die ruiker en
houer aan JEROME.) Goeienag.
MATRONE	(buig begrypend): Voorspoed, Madame.
MATRONE af.
BEULAH:	Versigtig, Danie. (Wys n geskikte plek vir die rui-
ker aan JEROME. Sy kyk in ekstase na die ruiker.)
Delikate  Lalique-vaas  met  drie  bloedrooi  rose.
(BEULAH  kyk in die silwerhouer.) Franse sjampanje
en kaviaar op ys in n kristalbakkie! (Sy haal die
kaartjie  met  bewende  vingers  uit  die  koevert.  Sy
lees): We salute the return of Beulah. The Baron
Carlos Foundation granted us an exclusive scoop.
Even our cameras are excited and impatient. (Aan
JEROME): Raai wie?
JEROME:	Time magazine.
BEULAH:	Skattie, ek is nie n politikus of terroris nie. (Sy lees
dramaties): The editor, Vogue.
JEROME:	Geluk!
BEULAH	(tel   bottel   rooiwyn   op):  My  geliefde  Chateau
Lafite,  vergewe  my  die  stukkie  owerspel.  (Aan
JEROME): Kurk hom, skattie. n Geskenkie vir Den-nis. (Terwyl hy dit doen, begin BEULAH die bottel sjampanje oopmaak soos n gesoute kelner.) En nou, Danie  nou is jy vir n paar oomblikke die persoonlike matre dhtel van madame Beulah.
JEROME begin die situasie geniet. Hy buig sy kop.
JEROME:	Merci, Madame.
BEULAH:	Twee kristalsjampanjeglase, twee delikate silwer-
teelepeltjies 
JEROME:	Melbaroosterbrood vir twee 
BEULAH:	So sonder tierlantyntjies kom Russiese kaviaar tot
sy volle reg!
JEROME knik sy kop en beweeg af. BEULAH gaan sit en skakel n nommer op die foon.
BEULAH: Dennis, darling, het skoon vergeet om jou te vra hoe vorder die maskers. (Luister.) Nefertiti is klaar!
(Opgewonde):  n  Jong  Grace  Kelly!  (Luister.)
Cleopatra ook? Excellent! En Beulah as Miss Uni-verse? (Luister.) Nie self-indulgent nie! Net self-esteem! (Luister.) Ja, die close-up! (Luister.) Not at all! Let him work through the night. Miss Universe moet voor mre se eerste operasie deur jou per-soonlik afgelewer word. Good night!
JEROME verskyn met silwerskinkbord. Op die skinkbord is sjam-panjeglase, melbaroosterbrood en twee silwerteelepels.
JEROME:	Jammer vir die wag.
JEROME plaas die skinkbord op die koffietafel. Hy skink een glas sjampanje.
JEROME:	Jy beter jou bedwing.
BEULAH:	Hoekom? (Pouse.) Raak jy bang?
