BEULAH:
Stop!  (JEROME   lyk  verward.)  Hierdie  sigaar  kos
kort duskant eenduisend rand.
JEROME:
Christ!
BEULAH
(demonstreer): Jy plaas dit net oor die rand van die
asbak. n Sigaar smoor natuurlik dood en versel
self s vir hergebruik.
JEROME:
Ek beter my seker verskoon.
JEROME staan op.
BEULAH:
So vroeg?
JEROME
(wys na foon): Jy verwag tog n gas.
BEULAH:
En?
JEROME:
My kontrak 
BEULAH:
Is opgeskort vir vannag.
JEROME:
Maar is u seker?
BEULAH:
Natuurlik.
JEROME:
n Wrede kombinasie.
BEULAH:
Maar n welkome besoeker. (Die deurklokkie lui.)
Binne!
MATRONE
(verskyn met nog n rangskikking): Nog een, Ma-
dame.
BEULAH:
Bring  nader.  (Sy  staan  op  toe  MATRONE   skuins
langs haar kom staan.) Ingevoerde Hollandse tulpe
in n ragfyn glaspot.
JEROME:
Pragtig.
BEULAH neem die rangskikking by MATRONE.
BEULAH (met Nederlandse aksent): Heel leuk. Hartelijk dank.
Ons het nog nooit so n laataflewering van n bloe-miste ontvang nie.
Vier-en-twintig-uur-noodapteke is algemeen en vir almal.
Maar 
(druk haar stempel af): My darling, soos die armes, sal ons altyd die rykes met ons h. Al verskil is hul-le ht geld en bestee dit graag mildelik op gehalte-en eksklusiewe diens. Wyse entrepreneurs betree graag di mark.
Natuurlik, Madame.
Jy sal nie besef wat jou besoekies vir my beteken nie. Goeienag.
Goeienag, Madame. Monsieur.
(plaas vaas met tulpe op n geskikte plek, maak kaartjie oop en lees): Mijn geluk met jou was als een druiventros. Maar o! Een vir een vrot de kor-rels los. So zegd de digter. Ik zeg: Dat is echt niet altyd waar. In blydskap voor u toekoms. Hendrik, Porseleinprins van Delft. (BEULAH sit en neem haar glas. JEROME volg haar voorbeeld.) Laat ons dans deur die wingerde van Bordeaux in die aller-fynste porseleinklompe!
Beulah, jys n eiesoortige spesie.
Dankie, Danie. (Die deurklokkie lui en BEULAH wys na die deur.) As dit dokter Immelman is, s vir hom: Behandeling voorlopig gestaak. Die vorde-ring is veels te fluks.
MATRONE stap tot by die deur, draai om en kyk op haar horlosie.
MATRONE:
BEULAH:
MATRONE:
BEULAH
MATRONE:
BEULAH:
MATRONE:
BEULAH
JEROME:
BEULAH:
BEULAH kruip soos n impulsiewe kind agter n gemakstoel weg. JEROME maak die deur oop. MATRONE verskyn met nog n ruiker, asook n silwerhouer.
