JASMYN
met  die  masker  se  bopunt.)  Dit  is  wat  ek  bedoel
met onberispelik.
JEROME:
Dankie, Madame.
BEULAH
(draai masker dat JEROME die gesig kan sien): Haar
trotse ken is vir hierdie oomblik goedkeurend. (Sy
ruil die posisie van die twee maskers om.) Jy mag
maar gaan.
JEROME:
Totsiens, Madame.
JEROME af. BEULAH plaas albei maskers op die koffietafel. Sy kyk na die skildery van baron Carlos.
BEULAH: Jy was so n wyse man, my liewe Carlos. Altyd ge-s (pouse): Vars geld brand jou vingers. (Pouse.) Ou geld stink. Jy hou dit net skoon met kreatiewe inisiatief en verantwoorde belegging. (Hou Miss Universe-masker voor haar gesig en stap na die skildery.) Carlos, die laaste paar jaar het ek die openbare vernedering voor n winkelrak leer ken. Lindt-sjokolade net n herinnering. n Pakkie Smarties die vertroosting. n Botteltjie kaviaar n spotlag. Geblikte sardyne n uitkoms. (Pink n traan weg.) Ek was op pad van sy, satyn en wol na sis en Crimplene. (Trek handdoek voor skildery weg en soen Carlos.) Gracias, darling. El querido de las musas! El sexo masculino! (Doen n paar dramatiese danspassies.)
Die lig doof uit op BEULAH en in op JEROME agter die verbeelde stuurwiel van die Rolls-Royce.
JEROME: Geld is cool. Maar net so n fokken bliksem. Dat ek op drie en twintig as deel van my werksdieet elke dag n Viagra moet sluk! (Kap met sy palms  amper woedend  teen die verbeelde stuurwiel.)
Pa, agter die stuur van ons ou Massey Ferguson sal ek nou soos n grondbaron voel. Maar hier sit ek. Op egte leer. Voor n rooshout-dashbord. In n ont-
werpersuniform, met derduisende in die bank. Net n slaaf. (Kap weer met sy palms teen die verbeelde stuurwiel.) Dalk was Pa reg toe Pa ges het: Fok geld, man. Nie eens n vark vreet dit nie!
Lig doof uit op JEROME en in op DENNIS en BEULAH. Hulle sit by die koffietafel in haar suite.
BEULAH:	En ter wille van die klein snotkop professor Stem-
met, moes ek nog n suite bekom. (Pouse.) Hulle
dink nie aan my skenking nie. Hulle dink nie aan
Jerome se suite wat permanent  op my onkoste 
tot n gourmet kombuis met enkelbed en badkamer
omskep  is  nie.  Nee,  hulle  dink  net  aan  hulself!
(Woedend): Net aan hulself. (Pouse.) Die eed van
Hippokrates?  Kak,  man!  Spesialiste  in  eie  onaf-
hanklike reg? Stront! Carlos sou jou kon s hulle
het almal shares in hierdie kliniek en hul operasie-
fooi is maar net die entre tot hul hoofmaal. (Pou-
se.) Maar daar is een ding wat die snotkoppies nie
weet nie 
DENNIS:	Im listening?
BEULAH:	Hot  money  means  burning  fingers!  Ek  moes  my
eerste  R100 000  in  groen,  bruin  en  rooi  blare  vir
Professor Beauty-Brilliance gee!
DENNIS:	Dis n druppel uit n vol emmer.
BEULAH:	Waarin nie ek of jy n druppel geskink het nie!
DENNIS	(ongemaklik): You are more of an enigma than an
icon.
BEULAH:	Ek word weer n ikoon.
DENNIS:	But is still an enigma.
BEULAH:	Rasputin was n enigma. Hitler ook. Moet ek nog
n spesialis inkry vir n woestaardbaard en n ver-
piepte  ou  snorretjie?  (Kyk  na  skildery  van  baron
Carlos.) Dankie vir ons naweek saam met Salvador
Dali. (Pouse.) Jyt my nooit saamgeneem na Pablo Picasso nie. (Pouse.) Jyt jou jaloesie goed geken  en meesterlik bekamp.
DENNIS: Shit, Beulah, shit! You are drowning yourself in nostalgia.
BEULAH: Fuck off, Dennis. Fuck off. You are drowning yourself in repentance.
DENNIS staan op, kyk empaties na haar en stap uit. BEULAH kyk na die skildery. Die lig doof uit op BEULAH en in op MATRONE.
MATRONE: Professor Stemmet is nou in sy noppies. Eintlik is almal van ons. Die arme Boereklong  monsieur Jerome  seker ook. (Pouse.) Al is hy meer tuinier as persoonlike assistent. (Pouse.) Mans! Hier was al generaals en brigadiers. (Pouse.) As ek nou terugdink, het byna almal aan die dwarsplooi oor hul voorkoppe laat werk. Daarna die porseleinwit inplantate op verweerde kakebene. En wanneer hul glimlag  n wasgoedlyn vol kraakskoon baba-doeke!
Lig doof uit op BEULAH en in op JEROME. Sy hande is weer op die verbeelde stuurwiel van die Rolls-Royce.
JEROME: n Rolls en n chauffeur om n ou horlosietjie te karwei. Fokkit! (Pouse.) Dis cool, solank die geld bly rol en die Viagra nie sy skop verloor nie. (Tik met sy vingers teen die verbeelde stuurwiel.) Hel! Ek het hulle lekker uitoorl met my geen tersire opleiding nie. (Hy begin selfvoldaan die liedjie Up, up and away in my beautiful balloon te fluit.) Eintlik wou ek drama swot. (Pouse.) Of skrywer word. Maar Pa en Ma het mos beter ge-weet. (Pouse.) Wat maak jy met n B.A., cum laude, in Kommunikasiekunde? Jy befok n sjarmante pa-teet en n jagse ou Miss Universe! (Tik selfvoldaan met sy vingers teen die verbeelde stuurwiel.) Hoe-kom nie? Die dag wat haar plastiekgesiggie eers
glimlag oor biljoene koekies Beulah Jasmine sit ek dalk op straat. (Pouse.) Maar ek kan nog altyd n agterdeurtjie oophou vir Dennis. (Begin fluit. Hou op. Tik teen stuurwiel.) Viagra is net voorsorg. Fok-kit! Sy ken van. Sy ke-hen!
JEROME begin weer fluit en die lig doof uit op hom. Lig doof in op
DENNIS.
DENNIS: Sy raak gaga. Haar kop haak uit. (Pouse.) She must have spent a small fortune to inform them. Christ! All the fucking flowers! Almost like Dianas death! (Pouse.) Wag, wag, Dennis. Haak jou koppie nie dalk uit nie? (Pouse.) Jerome. (Pouse.) Jealousy is the root of your anger, Dennis. (Pouse.) But, Christ! Sy onskuld en kwesbaarheid is onweer-staanbaar.
Lig doof uit op DENNIS en n klein kollig doof in op BEULAH se ge-sig.
BEULAH: Die laaste aand wat ek myself was, kn ek nog. (Pouse.) Met opgeswelde en gelapte gesig inkluis. Ek! Net ek! Soos Carlos ges het: You are eternal, Beulah  eternal! (Pouse.) Wanneer bring die klong dan my horlosie? (Pouse.) Sal ek vir n se-konde of twee na myself agter n laken gaan loer? Nee, Beulah, Narsissus is nie jou tweelingboetie nie.
Lig doof uit op BEULAH  en n klein kollig doof in op JEROME  en
MATRONE.
JEROME: Ons tweetjies is  soos Pa sou s  level on the gravel! Ek het nooit vantevore tuinier gespeel nie. (Glimlag.) Het jy al in n Rolls-Royce gery?
MATRONE:      Stel nie belang nie.
JEROME: Die reuk van leer is onweerstaanbaar. (Pouse.) Beulah s semen ruik na jasmyn. (MATRONE rea-geer nie.) Sy s Lorca s so.
