sigaretaansteker uit. JEROME plaas sigaar tussen sy
lippe.) Versigtig, gee hier. (BEULAH  plaas die aan-
steekkant van die sigaar met n sensuele suggestie
tussen haar lippe en lek aan die bopunt.) Nie nat
nie. Net klam. (Gee weer vir JEROME  die sigaar.)
Dit verseker n veilige, ferm kooltjie. (Sy klik die
aansteker en JEROME neem n teug. BEULAH ruik be-
haaglik aan die rookdamp.) n Castro-kanon soos
maar kan kom!
JEROME:
Dennis was reg in sy voorligting.
BEULAH:
Dennis? Jy raak vrypostig.
JEROME:
Jammer, maar hyt ges 
BEULAH:
Toemaar. (Pouse.) Wat s sy voorligting?
JEROME:
Jys deurdrenk van kultuur.
BEULAH
(versigtig  stout):  En  n  mededeelsame  vrou.  (Sy
kyk  na  die  twee  glase  wyn.)  Mae  West  het  ges:
Youre never too old to become younger.
Hulle klink n heildronk.
JEROME:
In die kultuurwreld sal ek nog harde bene moet
kou.
BEULAH
(lig  haar  glas):  Op  Joan  Collins  wat  in  absentia
saamstem. (Pouse.) Laat Fidel Castro asseblief nog
net een keer diep intrek en uitblaas.
JEROME suig aan die sigaar en blaas rook uit. BEULAH ruik be-haaglik daaraan. Haar foon lui. Sy antwoord.
BEULAH: Beulah speaking. (Luister.) Excellent. Altyd wel-kom.
BEULAH sit die foon neer.
JEROME (gereed om sigaar soos n sigaretstompie uit te doof): Nou ja 
