JEROME:
Ook die baron?
BEULAH:
Altyd baron Carlos.
JEROME:
Ek sal my respek betoon. (Hy ontkurk die bottel,
kyk op sy horlosie en sien die nuwe ruiker.) Pragtig.
BEULAH:
Uit die verre verlede  klink  vergete stemme reeds
klokhelder op.
JEROME
(kyk op sy horlosie en begin skink): U 
BEULAH:
Onthou jou opskorting, Danie.
JEROME:
Jammer  Beulah.
BEULAH:
Jy wou s?
JEROME:
Jy is n bevoorregte vrou.
Hul klink glasies.
BEULAH:
Op  die  begin  van  my  aanslag  teen  die  oeroue
woestaard! En om te dink n jaar gelede het ek nog
geglo: Age doesnt matter unless youre a cheese.
(Pouse.  Totaal  ander  stemming):  Het  jy  ooit  ge-
rook?
JEROME
(skuldig): Steeds. Maar streng privaat.
BEULAH
(gee sigaar aan hom): Nog n taboe opgeskort vir
vanaand. (Dis duidelik JEROME  weet nie mooi hoe
om te maak met die sigaar nie. BEULAH knipoog vir
hom.) Ontspan, my naam is nie Monica Lewinsky
nie. (Hy bloos amper, maar dan giggel albei.) Gee,
ek sal jou wys. By gebrek aan die nodige knipper
maak mens so. (Sy byt die mondkant van die sigaar
behendig  af  en  spoeg  dit  in  n  snesie.)  Nogal  n
kuns om die tabak nie op jou tong te laat kom nie.
(Sy plaas die sigaar op die koffietafel.) Wag eers.
(BEULAH  staan op en gaan haal n pikante juweel-
kissie uit die laai van haar bedkassie.) My nood-
hulptassie is altyd byderhand. (Haal n asbak en n
