MATRONE:
Wat   bring   hulle   hierheen?  Ydelheid?  Verbete
drome? Ego, vrees, owerspel, egskeiding, die weg-
loop  van  n  minnaar  of  minnares?  Ja,  hulle  kom
ook nou meer en meer  die mans. (Pouse.) Maar
by almal: die verwerping van stukkies van hulself.
(Nadenkend): Hoeveel volmaak geskape jong bors-
te beland nie daagliks in die brandoond van die kli-
niek  nie?  (Pouse.)  Toe  my  ma  nog  verpleegster
was, was dit saam met al die hospitale in die stad
se  oorskietkos  en  mensafval  daagliks  bestem  vir
die  koskrippe  van  varkplase.  (Pouse.)  Hoeveel
hande  elegant soos porselein  word nie vergrof
nie? Die verassingsoond brand. Dag na dag. Stuk-
kies  oogbank,  neus,  oor,  wang  en  ken.  Druppels
bloed, repies vel, ragfyn haartjies en korintekorrel-
moesies. As dit skerwe keramiek sou wees, kon n
kunstenaar mosaekportrette daaruit skep.
Lig doof uit op MATRONE en in op DENNIS.
DENNIS: Het ek maar betyds  soos Danie  geleer net my lyf kan ook n enorme aanwins wees for a con-siderable period of time  like blue chip shares or a coastal property. Ek het twintig jaar van cost-effective investment net so deur my vingers laat glip. (Pouse.) But now, at seventy-one, sommerso uit die bloute uit kom baron Carlos and rectify my mistakes. (Pouse.) No, Dennis, no. Dont degrade yourself. Sien dit as jou retirement dividend op n leeftyd van integrity, assistance and devotion to Beulah.
Lig doof uit op DENNIS en in op MATRONE.
MATRONE: Die blomme, die ruikers, die gourmet cuisine  al is dit deur dokter Bromley streng dieetkundig be-plan en gekontroleer  dryf die geduld en etiek van jou beroep tot raserny. Maar hoed af vir professor Stemmet! Hy het  madame Beulah se reuse-skenking aan die kliniek ten spyt  voet neergesit
en ges: Basta met haar en haar geld. In s n blomme-expo en sigaarhool doen ek geen verdere opvolgbesoeke nie. As sy dink geld kan dikteer, moet sy haar dreigement uitvoer en met gelapte ge-sig en al Switserland toe skoert.
Die lig doof uit op MATRONE en in op BEULAH se blomme-expo-suite. Sy ontspan in n gemakstoel en lees n tydskrif. Haar gesig is steeds tekenend van n ekstensiewe operasie. Sy roep in die rigting van JEROME se deur. Haar stem en lyftaal toon reeds tekens van toenemende selfvertroue, styl en outoriteit.
BEULAH:	Sorg dat jou uniform absoluut onberispelik is. Jy
bestuur  nie  n  Vespa-scooter  nie,  maar  n  Rolls-
Royce.
JEROME	(slegs sy stem): Reg, Madame.
BEULAH:	Die klein klong begin hans raak. Wou wragtig sy
nuwe Gucci-uniform vervang met Diesel-jeans en
n Armani-hemp! As jy styl het, betoon jy die be-
stuurdersitplek van n Rolls-Royce die tradisionele
eer wat dit toekom. (Gooi tydskrif op koffietafel.)
Dan  praat  ek  nie  eens  van  sy  lordship  professor
Stemmet nie. Ek moes nog n kaal, kliniese suite
huur om die voortsetting van sy kundigheid te ver-
seker!
JEROME klop aan die deur.
JEROME	(slegs sy stem): Mag ek?
BEULAH	(tersyde): Dis mos styl. (Formeel): Net n oomblik.
(Sy  neem  die  Miss  Universe-masker  en  hou  dit
voor haar gesig.) Binne!
JEROME	(verskyn  in  sy  chauffeuruniform):  Tevrede,  Ma-
dame?
BEULAH:	Skaflik. Kom staan hier. (Hy kom staan langs haar.
Sy neem die Nefertiti-masker in haar ander hand.)
Draai so. (Hy doen dit en sy verskuif sy pet effens
