renbul party skote net vierklou vasgesteek en sy ore
vol  sand  gegooi. Maar  dan  het  sy  darem  altoos  nog
geweet hoelat n man Eloib se hart met die nuwe maan
saam vetsmeer. (Hy staan op. Gewyd, geanimeer.) En
wat Eloib se hart begin te oorloop van die vet, sal Hy
n lang, silwer riem uit die lig uitlat sak vir Oummie
om teen op te klim tot bo, binne-in Eloib se huis in!
Daar sal Oummie dan vir Eloib mooi van renbul se
hardegatgeite vertel, en vir Hom soebat en soebat en
soebat totlat Eloib belofte maak om renbul na al die
dors en geverbrande mense toe te stuur. Dan sal Ou-
mmie vir Eloib groot dankie en koebaai s voorlat sy
weer teen die silwer riem sal afklim tot onder op die
sand. (Hy beweeg vinnig agterom die winkelpop en
gaan  staan  styf  teen  die  pop  se  linkerarm.) Kan jy
onthou, Steentjie, wat  Oummie  daai  silwer  riem  lat
los,sal dit mos daatlik weer in die lug in opskiet! En so,
als die riem aan renbul se neusgate geknoop is (hy
demonstreer met die winkelpop se neus) en dit met
een skoot ooptrek, sal die ren begin te val!
(in  vervoering): Oralster, net  waar  jou  kykers  loop,
sal die ren soos n blink donskaros oor al die dors en
geverbrande  mense  se  skouers  kom  l!  So  n  vrou-
mensrentjie wat so saf (hy maak sy o toe) en son-
der ophou met haar koel, koel hand (hy streel oor sy
lyf) oor ons algar se dro lyfies vrywe, soos net julle
vroumensgoed kan maak!
Die krieke word stil. Boesmanmusiek hoorbaar wanneer 
Wat ou sonman jou anderdagmre met n warm hand
regop  stoot, sit  die  ou  soos  n  (hy  beduie  met  sy
arms) groot, vet, ronde jinningkoek bo Eloib se huis
aan die ooskant! (Hy gaan staan styf aan die win-
kelpop  se  linkerkant. Verwonderd.)  En  wat  jou  ky-
kers bo-oor die eerste duin loop, kan dit kom lat n
man oopbek gaat staan  soos ek en jy daai een skoot,
Steentjie    oor  gister  se  klipdro  pan  wat  nou  hier
voor jou o in die sand l beef van die water, soos n
klein  stermensie  in  n  Boesman  se  oop  hand!  (Hy
plaas n denkbeeldige sterretjie in die winkelpop se
linkerhandpalm.)  En  wat  jy  verder  loop  (hy  kruip
onder die winkelpop se arm uit en loop voor haar
verby), sal  jy  oralster  tussen  die  bossiemense  sien
hoelat  die  laaste  van  die  renmensies  in  die  vroe-
mreson  op  die  spinkopmensies  se  silwer  riempies
dans. (Hy gaan staan agter die vuurmaakplek.) En
wat jy op jou knie gaat staan (hy sak op sy knie),
sal  jy  sien  hoelat  die  sand  groen  geverf  is  met  die
krom nekkies van die blaarmense se nuwe kleingoed!
vrou se maag weer rond staan van die water, sal algar
onse vleise en onse veldkosse en onse mersyne  en
onse  jinning, neste  en  neste  vol  jinning    hier  voor
onse o uit die Kalaharisand uit opstaan! Wat jy weer
kyk (hy beduie opgewonde oral om hom), is dit net
uintjies en maroelas,bergalwyn en boegoe,blouslang-
kop  en  wildevy, doringgom  en  suurpruim, geelklap-
per, bi, tsammas en miereiers, onse eige Boesmanrys!
(Van die woeste beduiery beland hy met n kekkel-
laggie plat op sy sitvlak. Hy kyk na die winkelpop.
Laggende.) H, Steentjie?! (Hy steek sy regterarm in
die lug en punt albei voete se tone.) En wat jy op jou tone staan, sal jy sien hoelat die toppe van die boes-mangras soos n goue veerkaros oor die bollings blink-vet bokmense se skouers val! (Hy gaan sit weer op sy hurke by die vuur. Glimlaggend.) Dis mos sulke tye wat ons sal s lat selwers n blinde Boesman sal moet fokken hard sukkel om te dood van die honger en dors  oor die binneklop!
Die kerkklokke doof uit. Boesmanmusiek en warm, geel beligting.
onse kosmense en watermense vir ons staan wag en
hoelat ons suintoe moet loop. n Ander ene sal ons s
van onse tweebeenfamilie wat uit n ander lap veld
aan die kom is om by ons te kom o wys. En die groot
klop (hy staan op), hy wat ons s van groot goeters,
goeters wat hart se lag en blygeit sal lat opstaan, of
gaat  platmaak!  (Hy  beweeg  tot  regs  langs  winkel-
pop.) Wat n man die klop voel, sal die oumense s,
moet jy en algar die ander by jou doodstil gaat sit (hy
sak op sy hurke, hand op winkelpop se knie) lat jy
als van die klop kan voel. Wat Eloib een skoot klop,
kan jy en die maters nog oor die klop praat voorlat
julle doen. (Hy loop vinnig agterom tot links langs
winkelpop.) En wat jy vir Eloib so met jou vingers op
jou  borsebeen  beduie  lat  jy  Hom  gehoor  het, sal  sy
vinger  weer  doodstil  in  jou  binneste  loop  l. Klop
Eloib die skoot twee keer, is dit vir min praat en gou
doen. Maar klop Hy die skoot drie keer, is dit vir doen of dood!
Boesmanmusiek. 
groenigheid, en van bo tot onder die sand is die hele
lyf  mos  die  ene  kos  en  water  en  mersyne. Water  in
party se hol lywe ingel, kos in die blom en blaarsop
vir die dors en vir seeroog.Wat jy die wortel fynstamp,
kan  jy  papkos  en  koffie  maak  en  met  die  oorskiet
skerm jy sommer ook die bokmensvet teen die gal. En
waar  sal  man  nou  ook  beterder  mersyne  kry  as  die
wortelpoeiertjies, vir  die  aarbeie  wat  n  man  party
skote  so  seer  hier  onder  in  jou  kloof  in  steek?  (Hy
steek die pyp op en suig behaaglik.) Om nie eens te
praat van die omvalsiek nie. Hoe sal jou Oummie nou
sonder die witgatmense se ou vruggie gemaak het wat
die  omvalsiek  die  skoot  op  haar  kom  sit  het?  (Die
vuurhoutjie  brand  hom.)  Eina, magtag! Vir  wat  bly
die  mak  vuur  my  aanhou  brand?  (Hy  suig  aan  sy
gebrande vinger terwyl hy na die vuurhoutjie kyk.)
Wil jy my vir my n boodskap gee,vroutjie,of wat? (Hy
