	
ek al hoelat rateltjie aan my knaters kou! Die oumen-se het mos gevertel hoelat rateltjie n man se knaters afbyt wat hy jou by die jinningnes vang oorlat die ander tweebene altoos die meerderste en die beter-ste jinning vir hulleselwers vat! (Hy dink skielik aan iets. Fronsend.) Sal dit nou wees oorlat ek n Boes-man is wat rateltjie my daai dag gn niks gemaak het nie en maar net daar onder wystertjie vir ons gesit loer het? Maar kan jy onthou, toe sal ons mos sien lat rateltjie vir my sit wag om die jinning uit te haal! Toet ek maar my ou knatersakkie hier tussen my boude ingedruk en s, kniekoppe teenmekaar, met my sykant nes toe gemik  soos n krap  wyl ek vir ou rateltjie fyn doplet! Hoe! Ons Boesmans sal altoos die kosse mi tussen ons deel, maar die Tjirrimtjesis weet, gn nit weer so mooi soos daai dag nie! Ek het net so n hoop jinning voor ou wystertjie neerge-sit, en nog n groter hoop voor ou rateltjie, en vir ons twee maar net so n ou kindervuisie vol jinning gevat! (Hy gaan sit op sy hurke links langs die winkelpop en tel weer die heuningbottel op.) En daar sit ons toe langs mekaar  ek en jy en rateltjie en wystertjie en die bymense wat weer wakker geword het! (Hy kyk n wyle ingedagte na die bottel in sy hand, kyk dan op. Sag, verwonderd.) Tweebeenmens, vierbeenmens, vlerkmens en blommens langs mekaar soos kraletjies op n riempie. (Hy kyk vlugtig na links voor.) Eloib se kraletjies wat Hy algar op een ou naelstringetjie gesit het!
Boesmanmusiek en warm, geel beligting doof uit. Ligte verdoof ge-leidelik gedurende onderstaanse spreekbeurt ter voorstelling van ondergaande son.
het, (hy gaan staan styf langs die winkelpop se reg-terkant) lat die naelstring iedere mens se make kan voel? (Hy steek sy linkerhand na die gehoor toe uit, palm ondertoe.) Wat n man se hand seer op een van die naelstring se mensies val, maak sy haar hand vir jou toe (sluit hand), tot wat jy soos n dro bosluis van haar afval (open hand). Soos ou Koega sal s: Selwers die sand en die klippers kan voel hoelat jou vat en jou gee is.Wat jou hand groot en oop is met die vat saam, maar lig en toe is met die gee saam, s sal algar die ander mense ook met jou saam maak, oor hulle gedagte lat jyt so wil h.
Lig doof met eens tot merkbare donkerte. 
aan die weskant (hy loop in rigting van vullisdrom
en tel n paar stukkies fynhout langs die vullisdrom
op) en ek het so wragtag nou nog nie die vuur staan-
gemaak nie! Dis oor ek so aan die stories maak is met
jou  saam, Steentjie!  (Op  pad  terug  vuurmaakplek
toe haal hy twee vuurstokke uit sy sak.) Lat die vuur
die  bloed  in  onse  ou  stories  kom  warm  maak!  (Hy
gaan sit op sy hurke by die vuurmaakplek, pak die
hout reg en begin die vuurstokke draai.) Ai, Steen-
tjie, jy sal nie weet hoelat dit voel om n skoot met
een van my eige mense te kan stories maak nie  dis
soos  jinning  op  my  tong!  Vandat  hulle  my  by  die
tronkding  se  ysterhek  uitgesit  het, het  ek  al  twee
mane gesien leegloop met net my skarewee hier langs
my. (Hy  staak  skielik  die  draaiery  met  die  vuur-
stokke.)  Nou  wat  sit  sukkel  ek  met  die  vuurstokke
saam as ek vroutjies het! Dom blerrie houtkop! (Hy
haal n dosie vuurhoutjies uit sy agtersak en steek
n  vuurhoutjie  aan).  So ja, dis mos nou baie beter-
der. (Die vuurhoutjie brand hom.) Eina! Hoe brand
die  blerrie  mak  vuur  my!  (Hy  suig  sy  gebrande
vinger en blaas die vuur tussendeur aan.) Soos ek
ges het, twee mane wat ek gesien leegloop het, en
nie n inkelte tweebeen wat bly o na my kant toe gooi nie. Nie eens onse eige mense wat hier rond hou nie; hulle wat die ander tweebene voor mak Boes-mans roep. Soos die ou wat ek voormiddag hier anderkant gekry l het. (Hy blaas weer die vuur aan.) Wat die ou my sien, het n skaamskrik in sy hangogies in gaat sit,voorlat hy dit styf toegeknyp het en aan n bottel vuurwater begin te suie het, nes n kind aan sy ma se pram.Wat ek met die ou praat, het hy amperster in die vuurwater in geversuip. Wat hy weer sy wind terug het, het hy skielik haastig ge-word. (Hy staan op.) Hyt n stuk dro brood in my hand gedruk.Toe draai hy om en loop met sulke lam knie van my af weg, sonder n inkelte woord vir my. (Hy mimeer n besopene voor die winkelpop verby tot langs die drom. Hy draai om en kyk na die winkelpop.) Mak Boesmans, hulle wat ons die Put-boesmans geroep het, onthou jy, Steentjie? Oor hulle hul stanings by die witmense se ysterputse geloop maak het. !Xoei !Xe het die voormense mos daai een ysterputsstaning geroep  die plek waar die mense ophou.
Hy draai na die drom om nog fynhout op te tel, steek gebukkend vas en tel n le drankbottel langs die drom op. Hy gaan sit op sy hurke, sy gesig na die winkelpop.
Boesmanvelle afgooi vir n sakkie meel en n bottel-
tjie  vuurwater. (Hy  kyk  na  sy  klere  en  vee  stadig
daaroor.  Verwese.)   En   flintertjies   witmensklere.
Flinters, het ou Koega ges,wat naand weer heel
lyk van die spul luis wat op hulle klim van al die stil-
sit. (Hy gooi die bottel minagtend langs die drom
neer.) Kan jy onthou wat die oumense gevertel het,
Steentjie, van  die  Putboesmans  wat  so  op  hope  ge-
dood  het  van  die  witmenssiek  wat  ons  voormense
nie geken het nie? En hulle ou kindertjies  Di wat
nie  mak  name  het  nie, het  algar  ou  klein  diermens-
naampies,oorlat dit al is wat die ou Putboesmans nog van ken. En hulle se alleengeite, oorlat gn een van onse ander familiemense hulle meer ken nie. (Vra-end.) En die ysterkoppe, Steentjie? Dis dan ook maar net n handjie vol mense wat vir hulle sal ken, en dan ook maar net hulle eige soort 
Dowwe tromslae soos donderweer word gehoor. 
n Motor wat verbyry se radio is hoorbaar. 
renbul! Kan jy onthou, Steentjie, wat Eloib die dag
vuurmaak onder ou renbul, sal die ou mos met net
sulke klippers aan sy pote oor die dro duine aange-
hol  kom! Wat  die  eerste  vuursweep  klap, dan  weet
iedere Boesman wat dit hoor dis Eloib se sweep daai
wat vir Oummie Sand en algar haar mense roep om
wakker  te  word!  En  dan  sal  selwers  n  ou  Putboes-
man nie kan bly sit nie! Hoor ek nou hoelat ou Koega
vertel: Wat  Eloib  se  sweepklappe  meerderder  en
meerderder word,so groei die ou Putboesman se hart
groterder en groterder. En soos die ou se hart swel,
rek en rek die ysterrieme om sy hart, totlat hulle s
tjoeing! soos hulle mitteltwee breek! (Hy begin op
die plek in stadige aksie hardloop.) En dan skiet daai
Putboesman agter die ysterrieme uit, soos n pyl uit
n  nuwe  karriehoutboog, weg, al  agter  Eloib  se  lig-
vinger  aan,  water  toe!  (Sy  glimlag  verdwyn,  hy
begin al stadiger draf.) Maar wat die panne begin te
opdroog, en n man weer fyn moet kyk vir die dier-
mense en die blaarmense se spoortjies, dan verdwaal
die ou Putboesmantjies soos klein kindertjies in die
veld  in. En  dan  werk  hulle  ou  hol  lyfies  maar  weer
terug, ysterkrale toe (hy wys na regs voor).
