MATRONE
(knipoog begrypend): Obviously, madame Beulah.
MATRONE begin wegstap.
BEULAH:
And, darling 
MATRONE:
Madame?
BEULAH:
As daar dalk nog een kom, bring asseblief onmid-
dellik.
MATRONE
(knik met haar kop in die rigting van die kristal-
vaas op die koffietafel): Goed, Madame.
BEULAH:
Daar is een ongeskrewe wet omtrent die aflewering
van n ruiker. Maar dis gospel uit baron Carlos se
mond.
MATRONE:
Ek leer graag, Madame.
BEULAH:
Betyds is alreeds te laat vir n ruiker.
MATRONE:      As jong verpleegster het ek dit dikwels beleef by
terminale pasinte.
BEULAH:
Jou begrip is hierdie kliniek waardig.
MATRONE:      Dankie, veral komende van u, Madame.
BEULAH:
Goeienag.
MATRONE:
Goeienag.
MATRONE af. BEULAH plaas die vaas iewers prominent en lees die boodskapkaartjie.
BEULAH:	Mag jy jou skoonheid en vars persoonlikheid van
ons matriekafskeid herwin. Liefde, Willie. (Soen
die  kaartjie.)  My  ramkatplaasjapie  het  nog  nooit
vergeet nie.
JEROME	(verskyn met bottel wyn): Dieselfde ritueel?
BEULAH:	Respek  vir  die  wingerde  van  Bordeaux  word  n
melodie oor jou palet.
