TWEEDE BEDRYF
Dis laatmiddag. Die houtstoel l omgeval links agter teen die sink-heining. Die vullisdrom l links voor, oopkant vorentoe. Die winkel-pop staan in die middel van die verhoog, in lyn met die vuurmaak-plek. 
los  onder  hulle  harte  uitloop. (Hy  kyk  om  na  die
winkelpop.) Of sal n ysterkop nou anderster werk,
Steentjie?  (Hy  loer  weer  deur  die  gaatjie.)  Krom
skouers,voortjies tussen die o,dowwe o. (Hy draai
terug.) Hanglippe, sleepvoete. (Hy loer weer.) Klom-
pe  goeters  aan  die  lyf,  sakke  vol  goeters  aan  die
hande. (Hy  draai  weer  terug.)  Oralster  goeters  
(Hy loop tot regoor die drom.) Van die vinnig loop
en die klompe goeters loop hulle naand al dieper in
die sand in, totlat die sand sulke dik walle oor hulle
skouers kom l en hulle bene krom buig  soos laas
winter se ou boog. En hulle o en ore so van die sand
word, lat hulle blind en doof word vir die spore en
die  stemme  van  die  blaarmense  en  diermense  en
algar  die  ander  mense. (Hy  gaan  sit  op  sy  hurke.)
Seker ook hoelat hulle o so dof is  ou sonman en
die  maanvrou  en  die  stermense  kan  nie  onder  die
sand in hulle o in lig maak nie. En oor hulle algar toe
is onder die sand weet die een ook nie van die ander
ene  nie. Oralster  net  sulke  inkelte  sandhopies, met
ysterrieme  om, so  een-een, iedereen  net  met  sy  ou
goetertjies  hier  om  hom  om  mee  saam  stories  te
maak.  Darem  n  anderster  lot  di  ysterkoppe,  h,
Steentjie? (Hy sit n wyle en nadink, staan dan vin-
nig op.) Wag, lat ek ophou sit stories maak en vir ons
n  vuur  staanmaak!  (Hy  tel  n  paar  takke  langs  die
drom op, steek gebukkend vas en tel n le heuning-
botteltjie op. Hy loop opgewonde na die winkelpop
toe.) Kyk,Steentjie,ou bymensie se prentjie! (Hy gaan
hurk  n  entjie  voor  Steentjie  en  lees  die  etiket  met
inspanning.) Vars  bloe-kom-heu-ning. (Hy  ruik  aan
die bottel, lek aan die deksel. Hy smak en draai die
deksel oop. Intens genotvol.) Dis jinning, Steentjie!
ding  lekkerder  dan  bymensjinning  (hy  kyk  na  die
winkelpop), en  dis  Steentjie-jinning!  (Hy  kekkellag,
skraap  nog  heuning  uit.)  Dit  moet  wees  soos  die
voormense  gebeduie  het, lat  Eloib  jinning  aan  die
eerste mense se warm harte gevrywe het, di lat ons
Boesmans se velle so jinninggeel is! (Hy  lek  sy  vin-
gers af, kyk in die verte. Nostalgies.) Hoor ek nou vir
ou  jinningwystertjie  roep!  Ou  meester  De Wildt  sal
mos s lat jinningwystertjie kan Ingels praat, onthou
jy, Steentjie?  Oorlat  sy  altoos  roep: Quick!  Quick!
Honey!  Quick!  Quick!  Honey! (Hy  grawe  weer  in
die bottel.) Dis vir ou ratelmensie wat sy so roep!
om na die winkelpop.) Daar sal mos nie nog twee diermense wees wat so onder een velletjie kan slaap nie! En wat rateltjie weer sal hoor Quick! Quick! Honey! dan slaat die ou sy lang doringkloue in die sand in (hy hol hande-viervoet agterom die winkel-pop) lat man net sien stof en klippers trek! Daai tyd, dan maak al wat diermens is lat hy uit ratel se pad uit kom! Oolfant, leeu, buffel en arnoster, algar staan daai tyd ver uit die pad uit oor hulle weet wat jy tussen hom en sy jinning kom staan, is daar gn ander dier-mens wat kan baklei en aanhou baklei soos rateltjie nie! (Hy kom reg agter die vuurmaakplek tot stil-stand.) S sal rateltjie hol, stertjie kromstyf soos n boogsnaar oor die ruggie getrek. Maar wat dit skierlik stil word, kan jy maar weet, nous hulle by die nes! (Hy loop vinnig agterom die winkelpop en gaan staan links langs die pop.) Maar wat n man naby staan  soos ek en jy daai een skoot, Steentjie  sal jy hoor hoelat hulle met mekaar saam praat, soos water wat saffies uit n fonteintjie uit borrel: poer, poer-poer, poer. En dan sal jy sien hoelat rateltjie (hy draai om, buk vooroor, loop met krom bene agteruit na die voorkant van die verhoog) op sy krom beentjies loop, al naderder en naderder aan die nes, sy ou ster-tjie styf in sy klofie ingedruk om die bymense uit die sawwe plekkies te skerm. En wat die ou rekent hys naby genoeg sal die ou se stertjie skierlik in die lug in vlie, en dan los die ou die een wind op die ander in die nes in! En wat die bymense omslaat van die stink sal ou rateltjie vinnig soos n geelslang gat omgooi en haastig n paar hande vol jinning vat! (Hy hurk links langs die winkelpop.) Maar altoos net suffel as wat hulle tweetjies daar sal kan sit opeet. (Hy sit n oom-blik ingedagte en glimlag, dan val iets hom by.) Maar kan jy die skoot onthou, Steentjie, wat ek en jy agter wystertjie en rateltjie aangeloop het, en wat die ou ons toe sien net n wat hy wind gemaak het? (Hy staan op met n gepynigde uitdrukking op sy gesig, vryf tussen sy bene.) Oe, Steentjie, daai tyd toe voel
